CV (afrikaans)

VERKORTE CURRICULUM VITAE

Ster (Sigrun Paschke)

IDENTIFISERENDE BESONDERHEDE:

Gebore: (Lissabon, Portugal)  16 Oktober 1973.

Geslag: Vroulik.

Burgerskap: Suid-Afrikaans.

Tale: Vlot Afrikaans, Engels en Duits.  Kennis van Nederlands en Italiaans.

OPLEIDING:

B-Mus Uitvoerend (1997) met klavier en orrel as hoofvakke, Konservatorium, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika.

WERKSERVARING:

Vryskut toonsettings, begeleidings en musikale verwerkings.

Werk as pianis, klawerbord-  en akkordionspeler by ‘n aantal hotelle en restaurante soos o.a.:

  • Cape Sun Intercontinental;
  • Holiday Inn Garden Court Hotel;
  • Commodore Hotel;
  • Ritz Hotel;
  • Cullinan Hotel;
  • Radisson Hotel;
  • Arabella Shereton (Westin Grand) Hotel;
  • Lanzerac Hotel;
  • Table Bay Hotel;
  • Spier Hotel;
  • Cape Diamond Hotel;
  • High Stead Manner Grill;
  • Dunobles Restaurant;
  • La Vie en Scene Restaurant;
  • Off Broadway;
  • Ikaya Lodge;
  • Delheim Wynlandgoed;
  • Knorhoek Wynlandgoed;
  • Nederburg Wynlandgoed;
  • Artscape Restaurant;
  • Kirstenbosch Restaurant;
  • Oude Libertas Restaurant;
  • Kalkbaai Teater;
  • The Post Box Theatre
  • The Intimate Theatre (UCT, as improviseerder saam met die Theatre Sports Company).

Gee privaat klavier-, blokfluit- en ghitaaronderrig.

Tree gereeld op as pianis en akkordionspeler by troues en ander funksies.

Speel in ensembles en musiekgroepe soos Kolo Novo Movie Band; Duende en Acoustic Shape en tree o.m. op by musiekfeeste soos:

  • Spierfees
  • Woordfees
  • Earth Dance Festival
  • Obz Festival
  • Oukraalfees
  • Rocking the Daisies
  • Cape Town International North Sea Jazz Festival.

Begin die musiekgroep, Soulfruit wat Afrika en Westerse musiek kombineer en hulle voer hulle produksie:  „From Mind Routes/Roots to Soul Fruit” by verskeie restaurante en teaters in die Kaapse Skiereiland uit.

Stel musiekteater produksies saam, hoofsaaklik bestaande uit oorspronklike toonsettings (klavier, akkordion en klawerbord) en voer hulle landwyd by verskeie teaters en restaurante soos o.a.:

  • centurion Teater;
  • Dorpstraat Teater;
  • Oukraalfees;
  • Kleinkaroo Nasionale Kunstefees
  • asook by die Woordfees en Versendaba uit.

Werk as pianis vir die Kaapstadse Theatre Sports Company.

Vertel gedurende die laaste paar jaar haar storie met oorspronklike solo klavierkomposisies.  Gee solo uitvoerings daarvan by welgemeend Teater.  Doen ‚n reeks Donkerkonserte, getiteld:  „Ster in die Donker“ waartydens die klavierstukke afgewissel word met tekste van Nederlandse sanger/liedjieskrywer en ook regiseur van hierdie produksie,  Stef Bos, by:

  • Klein Libertas Teater;
  • De Malle Meul Teater;
  • Die Bordinghuis Teater en
  • Die OU Meul Teater.

Ster in die Donker vorm ook deel van die Kleinkaroo Nasionale Kunstefees 2011 waar ’n CD met ’n aantal van hierdie komposisies, vrygestel sal word.  Verdere vrystellings sal ook plaasvind by:

  • Klein Libertas Teater en
  • The Little Theatre.

Werk vanaf 2009  in Berlyn as vryskut musikant gedurende die Suid-Afrikaanse wintermaande.  Tree  gereeld op as pianis saam met ’n Duitse teatergroep, Impro Theater en begelei hulle tydens hulle Improvisasie feeste.  Gee in Januarie 2011 solo uitvoering in die Sendesaal Bremen as deel van die Konsertreeks: “Konzertreihe im Dunkeln”.

Advertisements