2010-07-10 Artikelopsies Deel Kry Rapport op Die Belgiese sanger Stef Bos en die blinde pianis Ster Paschke hou saam konserte waarvan die enigste rekwisiete woorde, klank, en die donker is.
Marlene Malan

Haar musiek, verduidelik die sanger-skrywer Stef Bos, is ’n stroom water wat onkeerbaar see toe vloei. Sy poësie, daarmee saam, eilandjies vir verposing. En saam vorm dit In die Donker, Stef en Sigrun Paschke, oftewel Ster, se eksperiment met die mag van klank. Hul reeks “donkerkonserte”, wat binnekort in Stellenbosch afskop, is ’n ervaring van die wêreld waarin Ster se komposisies geskep is – in die donkerte van dié pianis se blindheid. Dis ’n wêreld waarin sy nooit op visuele effekte kan staatmaak nie. Net op haarself, en op die klank wat haar vingers en haar siel uit haar instrument optower. Daarom wil sy gehore uitdaag: “Ervaar wat ék sedert my geboorte ervaar – die nagdonker waarin jy jou eie beelde moet vorm. Verf jou eie prentjies op ’n doek van klank, soos ek.” Dié vertoning-in-die-donker is ’n eenheid van Ster se klaviermusiek, alles haar eie komposisies, afgewissel met Stef se voorlesings van sy gedigte. “Ek het my eie manier van sien deur klank ontwikkel – daarom dat ek gehore vra om tydens In die Donker nét klank te ervaar. Jou ervaring en interpretasie van ons vertoning is dus joune alleen,” sê sy. Continue reading “Blinde pianis se klank het ’n siel”