Jy sit op ‘n stomp vol stories. Die woud vou dig en swaar om jou. Soet, klam lug, vol rapsblomme en dennenaalde bedwelm jou. Die stilte is alles oorheersend, maar verseg om te roer.
Die volgende oomblik sluk die gewemel jou in op ‘n besige straathoek. Jy proe-proe aan die skuim op jou weissbier. Karre, toeters, sirenes, spelende kinders, honde, bulderende protesteerders, gesellige saamsitters, nuuskierige mensekykers, drentelaars na erens of nerens – – net toe jy jou begin verbeel jy is terug in Kaapstad, breek die weemoedige vioolklanke deur die chaos. Wild en warm dans dit en laat jou hart se murg smelt. Dit sing als wat die mense om jou nie gese kry nie. Continue reading “VONKELVINGERS”