Mediavrystelling – SMILE!

Concerts

Afrikaans

MEDIAVRYSTELLING 10 JUNIE 2011

VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING

GRATIS GLIMLAG

“Smile though your heart is aching, smile even though it’s breaking…..if you just smile.” Hierdie lied se woorde, geskryf in 1936 deur John Turner en Geoffrey Parsons, met musiek deur Charlie Chaplin, is bekend aan die meeste van ons. Die lied is gesing deur onder andere Judy Garland, Nat King Cole en Michael Jackson. Dit herinner ons aan goeie en lekker tye, sonder dat ons eenkeer hoef te dink wat dit beteken om te lag, dit kom vanself. Vir 1 uit elke 750 kinders in Afrika en Suid-Afrika is dit egter nie so maklik om te lag nie. Die voorreg om te lag gaan vir hulle gepaard met pyn en ongemak, omdat hulle met ‘n gesigsgestremdheid, soos ‘n gesplete lip of verhemelte, gebore is.

Operation Smile Suid-Afrika (OSSA) is in 2006 gestig met die hoofdoel om glimlagte weer op kinders se gesigte te sit, deur vir diegene met gesigsgestremdhede gratis rekonstruktiewe operasies te laat ondergaan. Hierdie operasieproses is soms uitgerek en gaan gepaard met baie pyn en ongemak vir die pasiënt, maar die resultate is onmeetbaar. Hierdie operasies word regdeur Suidelike Afrika en Suid-Afrika gedoen en sluit basiese mediese opleiding en tandversorging in.

Twee Suid-Afrikaanse kunstenaars, die pianis Ster (Sigrun Paschke) en skilder Lee Molenaar het hul kragte saamgespan om fondse in te samel vir OSSA. Ster het volle empatie en begrip vir hierdie klein kinder pasiënte en besef die belangrikheid van hierdie operasies, omdat sy self gebore is sonder verhemelte en met ‘n gesplete lip. Om die fondse te genereer, het die Distellstigting dit vir Ster moontlik gemaak om ‘n kort toer deur Suid-Afrika te onderneem met haar reeds bekende produksie, Ster in die Donker. Ster, wat sonder oë gebore is, speel haar eie komposisies in die donker. Die komposisies word aanmekaar geskakel deur die poësie van die Nederlandse digter/liedjieskrywer, Stef Bos, wat op klankbaan aan die gehoor gespeel word. “Ek wil mense die geleentheid bied om my musiek te ervaar in dieselfde ruimte as waaruit ek dit geskep het. My komposisies is nie genre-spesifiek nie, mense moet self kom besluit,” sê Ster. {meer}

Toe Molenaar hoor van hierdie inisiatief het hy dadelik een van sy gunsteling werke geskenk wat tydens die toer opgeveil gaan word. Die gehoor sal na afloop van elke vertoning die geleentheid gebied word om ‘n geheime bod te maak. Na afloop van die agt vertonings sal die skildery op die hoogste bod toegeslaan word. Die volle bedrag van die skildery word aan OSSA geskenk. ‘n Persentasie van alle kaartjieverkope van die vertonings word ook aan OSSA geskenk.

Die datums, venues en waar kaartjies verkry kan word vir die toer is as volg:

8 Julie – SABC Studios, Seepunt, Kaapstad (Heinrich 082 812 1112)

9 Julie – Uitkyk Wynlandgoed, Stellenbosch (Heinrich 082 812 1112)

10 Julie – Soirée, Rokewoodlaan 72, Stellenbosch (Ingrid 082 802 3189)

13 Julie – Brooklynteater, Menlo Park (Computicket/TicketWeb)

15 Julie – Vryfees (Volksbladkunstefees), Bloemfontein (Computicket)

16 Julie – Vryfees (Volksbladkunstefees), Bloemfontein (Computicket)

16 Julie – Die Rosendalteater, Rosendal (058 211 0902)

17 Julie – Hoërskool Sentraal, Beaufort-Wes (Tersia 082 373 0410)

Kaartjies kos tussen R85 en R150, met die uitsondering van Beaufort-Wes.

Vir verdere inligting of media navrae, kontak gerus die vervaardiger, Heinrich von Wielligh by 082 812 1112.

-EINDE-

Geskryf deur: Heinrich von Wielligh

Namens: Heimat Productions

Kontak: 082 812 1112 or heinrich

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s